Boewe beroof couple op plaas

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

HY IS met ’n panga aangeval en met ’n mes gesteek en sy vrou is gedreig.Nou soek die polisie kliphard na die twee uitvaagsels wat ’n couple – albei in hulle 50’s – op hulle plaas in Patensie beroof het.Die voorval het Dinsdag omstreeks 22:00 gebeur, bevestig kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder.Die couple het in hulle voertuig by die huis aangekom toe die twee mans hulle oorrompel.Die mans was met ’n mes en ’n panga gewapen.OopgesluitHulle het geld geëis en die couple begin dreig.’n Stoeiery het tussen die man (58) en een van die verdagtes uitgebreek. In die proses is hy met die panga oor die kop geslaan.Die ander verdagte het die man in sy hand en sy rug gesteek.Die verdagtes het toe die huis oopgesluit en twee sel­fone en ’n onvermelde bedrag geld gevat. Hulle het daarna te voet gevlug.Die man is na ’n plaaslike dokter geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof.Mense met inligting wat tot ’n arrestasie kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte, AO Johannes Noeth, by 082 551 4749 te kontak.Andersins kan hulle die Patensie-speurtak kontak by 042 283 8419. Hulle kan ook inligting anoniem deurgegee deur die tolvrye Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, te skakel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/boewe-beroof-couple-op-plaas-20190213

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.