Boewe teiken skool weer | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Boewe teiken skool weer | Die Son

Update
Port Elizabeth

DIE skollies wat deur die dak geklim het, het nie net die skool se rekenaartoerusting gesteel nie, maar ook tientalle kinders se toekoms.Dis nou al die tiende inbraak vanjaar by die Happydale-skool in Kobusweg, Gelvandale, in die Baaise noordelike gebiede.Dié skool is dus gedurig in die skobbejakke se visier.Die skool se onnies werk hard om leerders wat onderpresteer, te help om vaardighede aan te leer.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê: “ ’n Saak van huisbraak by die Happydale-skool in Kobusweg is geopen. “Die skool is Vrydag 7 September 12:30 gesluit en Maandagoggend 9 September het hulle gemerk daar is by die skool ingebreek en toegang is deur die dak verkry. ’n Rekenaar is gesteel,” sê Janse van Rensburg.Michael Mitchell, projekbestuurder by Happydale, verduidelik hulle gaan gereeld gebuk onder skollies wat hulle besteel. Nagenoeg 130 leerders word benadeel.“Dit het eintlik in April begin. Dis die tiende keer hierdie jaar dat hulle inbreek en gewoonlik vat hulle computers. “Verlede Donderdag het hulle deur die dak geklim, maar niks gevat nie. Unhappy: Die inbrekers maak van die Happydale-skool in Gelvandale hulle eie shopping centre.grootskaals: Daar is al 15 rekenaarbokse op ’n slag by die Happydale-skool in Gelvandale gesteel.Foto’s: DEON FERREIRA“Die nuutste voorval was die naweek toe ’n rekenaar, keyboard en ’n skerm gesteel is,” vertel Mitchell.Mitchell sê die skollies het eenkeer 15 rekenaars op ’n slag uit ’n enkele klaskamer gesteel. Daar is ook al duur motorparte gesteel.“Ons het net Vrydag ’n nuwe alarmstelsel laat installeer en toe gebeur dít. Ons is bang hulle kom terug. “Dit is asof ons twee treë vorentoe gee en dan weer tien treë terug,” vertel Mitchell moedeloos.Die skool benodig nou dringend diefwering by alle klaskamers se vensters, asook hekke in die gang.Die polisie vra enige een met inligting om die Gelvandale-polisiekantoor te bel by 041 402 2018, of skakel die Stop Misdaadlyn se nommer: 08600 10111.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/boewe-teiken-skool-weer-20180915

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.