Please log in or register to like posts.
News

ROBERTSON. – Die cops is op soek na ’n vrou nadat ’n bomdreigement ’n klomp mense uit ’n winkel hier laat skoert het.Vrydag kort ná 13:00 het iemand ’n call na Super­spar se manager gemaak en gesê almal moet die gebou verlaat, want daar gaan baie sterftes wees. Nadat die manager die nuus deur die gebou gestuur het, het customers en werkers die gebou binne oomblikke verlaat.Baie mense wat inkopies gedoen het, het hulle trollies net so gelos en laat spat.Niven de Bruin, ’n shopper, het in die queue gestaan en met sy bankkaart betaal.“Ek het alles net so gelos en my kaart self uit die masjientjie gehaal en na buite gehol.”Volgens hom het mense byna oormekaar geval om na veiligheid te vlug.KarreIn die ondergrondse parkeergebied was groot chaos.’n Motoris wat anoniem wil bly, het gesê mense wou nie vir mekaar ’n kans gee om uit die parkeergebied te kom nie.“Baie van die mense het hulle karre daar gelos en dit toe later die middag kom haal,” het die ou gesê.Werkers van SuperSpar en ander winkels in die kompleks het eenkant in ’n parkie gesit en kyk nadat die polisie die gebied afgekordon het.’n Werker sê toe sy hoor daar is ’n bom in die gebou het sy alles gelos en vir haar lewe gehardloop.“Ek was baie bang, want net daai oggend het ek op die nuus gesien hoe ’n man ’n klomp mense in Nieu-Seeland doodgeskiet het. ’n Mens moenie sulke dinge ligtelik opvat nie,” het die vrou nog uitasem gesê.Volgens die cops het hulle die oproep getrace en ’n vrou wat Engels praat, het die telefoon geantwoord.Die cops het gesê hulle is op die spoor van die verdagte en sal haar hopelik arresteer.Die winkel is vir besigheid heropen kort nadat die polisie se bom-eenheid die gebou veilig verklaar het.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.