Boorgat stad se back-up | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

“DIE ancestors is lief vir ons en dit gaan nog baie reën,” sê Mongameli Bobani, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, vol vertroue.Maar as dit nie reën nie, is daar darem ’n back-up wat waterbeskikbaarheid betref.Gister het Bobani en ’n groep hoës van die Metro die projek by die grootste boorgat net buite Motherwell bekend gestel.Die bekendstelling van dié projek van R300 miljoen by die Coegakop-area is deel van Bobani se eerste 100 dae as burgemeester. “As regering meen ons besigheid. “Hoekom spandeer ons al dié geld op die projek? Dit is omdat water een van die mees basiese dienste is wat gemeenskappe van die munisipaliteit benodig. Daarom explore ons ander waterbronne om die waterverskaffing aan die munisipaliteit te verbeter,” sê Bobani.Die Metro se subdirektoraat vir water en sanitasie is in beheer van dié projek. Dit val onder die direktoraat van infrastruktuur en ingenieurswese.Die Metro se grondwater-toevoegprogram het in 2010 die lig gesien toe dit in die Metro se water-meesterplan geprioritiseer is vir ingryping tydens droogtes.Danksy die studies binne en buite die munisipale grense het die Metro die perfekte waterbron gekry in Coegakop, wat nagenoeg 26 megaliter water per dag sal verskaf, veral aan die inwoners van Motherwell.’n Gefaseerde benadering tot die implementering van die projek word gevolg omdat daar beperkte geld beskikbaar is in die jaarlikse kapitaalbegroting.Daar is vier fases vir die projek by Coegakop.In 2010 tot 2013 is nagenoeg R10 miljoen spandeer op die identifisering van ondergrondse water. En in 2013 tot 2015 is R20 miljoen spandeer om kleiner boorgate te boor om vas te stel presies waar die water vandaan kom.Die projek is tans in sy derde fase. Dit sluit in die boor van waterproduksie-boorgate en die aanlê van pypleidings. Dít beloop sowat R50 miljoen.Dis ’n 72 weke lange kontrak wat in April 2018 begin het en na verwagting teen 25 September 2019 voltooi sal wees.Die vierde fase, wat tans onder ’n tenderproses is, sal teen 2020 afgehandel wees.’n Waterbehandelingsaanleg sal gebou word teen R220 miljoen.Nadat die Metro aansoek gedoen het vir droogte­finansiering, het die nasionale tesourie via die departement van samewerkende regering en tradisionele sake­, asook die munisipale rampinvorderingstoelaag, geld beskikbaar gestel. Die algehele bedrag van die rampinvorderingstoelae wat oor ál vier fases ontvang is, beloop R202,4 miljoen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/boorgat-stad-se-back-up-20181115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.