Booswig kry bullet in been

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VERDAGTE is in die bobeen geskiet nadat hy ’n polisiebeampte met ’n mes aangeval het. Polisiebeamptes het ge­reageer op ’n oproep oor ’n inbraak Woensdagaand by ’n selfoontoring in Petersenweg, KwaDwesi. Toe die beamptes die perseel om 22:30 betree, het ’n verdagte een van hulle met ’n mes aangeval. “Die polisiebeampte het die verdagte in die bobeen geskiet om te verhinder dat hy hom steek,” verduidelik kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder. Dié verdagte is toe ge­arresteer. ’n Verdagte wat met ’n skroewedraaier gewapen was, is ook in heg­tenis geneem. “Albei verdagtes is 25 jaar oud. Hulle het by die perseel ingebreek om elektriese drade te steel.”Die beseerde verdagte is na die Dora Nginza-hospitaal geneem vir behandeling. Hy was onder polisiebewaking. Hulle sal vandag in die New Brighton-landdroshof verskyn op klagte van inbraak by ’n sakeperseel, diefstal en poging tot moord. Klagte van opsetlike saakbeskadiging gaan dalk bygevoeg word. Hierdie aanval op die beampte kom enkele dae voordat Nasionale Polisiedag volgende Sondag gevier word. Genl.maj. Dawie Rabie, klusterbevelvoerder van die polisie in Motherwell, het uitgevaar oor die voorval en sê aanvalle op polisie­beamptes sal nie geduld word nie. “Ons moet onsself verdedig en pleit by die howe om swaar vonnisse op te lê vir beskuldigdes wat polisie­beamptes aanval en bedreig,” het hy gesê. “Die veiligheid van die polisie is die verantwoordelikheid van elke in­woner van Suid-Afrika.“Ons doen ’n beroep op gemeenskappe om nooddienspersoneel, soos polisiebeamptes, te beskerm. “Die polisie maak die gemeenskappe ’n prioriteit. “Die gemeenskappe behoort dieselfde te doen met polisiebeamptes.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/booswig-kry-bullet-in-been-20190124

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.