Booysen in aanhouding | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE taxi-baas Colin Booysen het ’n getuie wat in moordsaak teen hom en sy lyfwagte moet getuig, glo met die dood gedreig.Dit het gelei tot ’n klag van intimidasie teen hom waarvoor hy Donderdag gearresteer is.Booysen het Vrydag hieroor in die Bellville-landdroshof verskyn. Speurkonst. C. Jaars het getuig die beweerde dreigement is op 6 Desember in die gange van dié hof gemaak.Jaars het getuig: “Hy het in bendetaal gesê: ‘Jou nommer sal wys raak op jou,’ en: ‘Jy moet lig loop.’ ”Booysen bly in aanhouding. Daar is besluit hy moet in die Goodwood-gevangenis sit, al wou hy nie daarheen gaan nie.Die moordsaak hou verband met ’n noodlottige skietery in Belhar in September. – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/booysen-in-aanhouding-20181215

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.