Brand eis kid (1), sy nefie is gered

Please log in or register to like posts.
News
Brand eis kid (1), sy nefie is gered

’N VIERJARIGE kleuter kry trauma-behandeling nadat sy eenjarige neef in ’n shack-brand gesterf het. Die voorval het Woensdag in ’n village naby Mthatha gebeur. Kapt. Dineo Koena, ’n polisiewoordvoerder, sê die oorlede se ma was in ’n ander huis op die homestead terwyl haar seun en sy nefie in haar shack gespeel het. Die ma het glo ’n vuur buite die shack gemaak om kos te kook. Bure het die ma geroep om te sê haar shack is aan die brand. Inwoners het daarin geslaag om die vierjarige uit die vlammehel te red, maar dit was te laat vir die eenjarige. Die inwoners het ook probeer om die vlamme te blus, maar sonder sukses. Dit is nog onseker hoe die shack aan die brand geslaan het. Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply