Brandweer reg vir brande | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Brandweer reg vir brande | Die Son

ALTESAME 114 nuwe brandweerpersoneel gaan in die komende dae deur die Stad Kaapstad aangewend word.Die seisoenale brandweerpersoneel is een van etlike planne wat die stad in plek het vir die verdere warm maande wat voorlê.Hulle is spesifiek aangestel om te help om bosbrande in toom te hou.Volgens JP Smith, mayco-lid van veiligheid en sekuriteit en maatskaplike dienste, het honderde seisoen-brandweerpersoneel aan ’n reeks fisieke en akademiese toetse deelgeneem.“Dié wat in November opgelei is, sal van 1 Desember tot einde April diens doen.”Die kursus was vier weke lank en hulle leer om veldbrande te blus en om met die verskillende toerusting te werk. Oefeninge is ook gedoen wat die werklike brande naboots. “Elke lid het ’n spesifieke funksie.”Smith sê die Stad se professionele brandweerpersoneel is elke jaar toegewyd tot hulle werk as supervisors om die seisoenpersoneel te help.“Hulle offer baie van hulle tyd op en sonder hulle sal die program nie moontlik wees nie.”Smith sê die sleuteltake van die brandweermanne is om onder leiding van die supervisors reg te maak vir noodgevalle en om fire breaks­ in die veld te skep naby beboude gebiede.Belangrik“Almal wat Kaapstad ken, weet dat die winderige warm somer dinge vir brandweerpersoneel uiters moeilik maak.“Dis hoekom ons soveel as moontlik mense nodig het om te help.“Seisoenwerkers is uiters belangrik. Ek is seker vanjaar se nuwe mense sal nét so ’n belangrike werk doen soos voorheen.”Benewens die seisoen-brandweerpersoneel sal die Stad ook twee helikopters en ’n spotter-vliegtuig hê wat gaan help.Normaalweg is 200 brandweermanne aan diens by 30 brandweerstasies. Die stad het meer as 900 professionele brandweermanne.Daar word ook saamgewerk met plekke soos die Table Mountain National Park, die Volunteer Wild­fire Service en verskeie munisipaliteite.

Reactions

Nobody liked ?