Brandweer ‘se hande afgekap’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

STERKSTROOM. – ’n Derde brand in vyf weke in dié Oos-Kaapse dorp het die skool heeltemal in puin gelê.En ’n derde keer was die plaaslike brandweer se hande afgekap. Hulle kon nie die brand by die skool blus nie omdat die bemanning van die enigste beskikbare brandweerwa gevind het die brandkrane is kurkdroog.Die watertoevoer na die brandkrane was toegedraai.Nadat die Chris Hani-distriksmunisipaliteit die watertoevoer uiteindelik oopgedraai het, was dit reeds te laat en die waterdruk was te swak om enige verskil aan die enorme vlamme te maak. Verder besit die Enoch Mgijima Plaaslike Munisipaliteit – waaronder Sterkstroom val – ’n groot brandweerwa wat stukkend was, maar reeds reggemaak is.En tog is die wa nou al twee maande nie vir die brandweer beskikbaar nie, aangesien die mechanics nog wag vir ’n betaling van R29 000 voordat die wa vrygestel sal word.ellende: Die vlamme staan vroeg gisteroggend hoog.Die brandbestryders het ook glo nie die nodige veiligheidstoerusting en -klere om so ’n situasie te hanteer nie.Die geskiedkundige gebou waarin die skool gehuisves is, is gevolglik heeltemal verwoes. Kapt. Namhla Mdeleni, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van brandstigting.Die beginpunt van die brand moet nog vasgestel word. “Die polisie is omstreeks 01:00 ontbied, maar toe die beamptes daar kom, was die gebou reeds vernietig.”Nqaba Bhanga, die DA se premierskandidaat, meen skoolkinders moet nou ly weens die ANC se korrupsie en sy onbevoegdheid om basiese­ dienste te lewer. “Teen die einde van September het die munisipaliteit uitstaande rekenings van R223 miljoen gehad. Altesame R118 miljoen hiervan is aan Eskom verskuldig. Ingryp“Water- en kragonder­brekings kom gereeld voor, aangesien daar byna geen herstelwerk of onderhoud gedoen word nie.”groot skade: Dié historiese gebou is heeltemal vernietig. Bhanga het Vicky Knoetze, sy kollega in die wetgewer, gevra om die situasie onder die aandag van Fikile Xasa, LUR vir samewerkende regering, te bring. “Xasa moet dringend ingryp om te verseker ons kinders en inwoners hou nie aan ly onder ’n gebrek aan dienslewering nie.”In Oktober het die polisie vier verdagtes gearresteer nadat hulle die munisipale kantore in die dorp aan die brand gesteek het. Verder het ’n huis in die dorp ook in Oktober gebrand. Die inwoners moes toe maar noodgedwonge self inspring om die brand te blus, aangesien die brandweer nie kon nie. Betogers is ontevrede oor die gebrek aan dienste van die Enoch Mgijima Plaaslike Munisipaliteit.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/brandweer-se-hande-afgekap-20181114

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.