Bruines stig Aitsa-party | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Bruines stig Aitsa-party | Die Son

BRUIN mense wat sê hulle is moeg daarvan dat hulle stemme misbruik word, launch na verwagting vanaand hulle eie politieke party.Gerrie Kapel, Wes-Kaapse voorsitter van die Alliance of Indigenous & True South Africans (Aitsa), sê die party word by die Laerskool De Waveren in Ruyterwacht geloods.Hy sê aktiviste en geloofsleiers het ’n tyd gelede in Elsiesrivier hieroor vergader.Shaun August, wat laas week as DA-lid en -hoofsweep bedank het, het die vergadering toegespreek en verduidelik waarom hy bedank het.Volgens Kapel dui die bedanking van August en ander DA-raadslede in die Stad Kaapstad op ’n nuwe politieke koers in die provinsie.Hy sê Aitsa haal sy hoed af vir die moedige raadslede.‘‘Ons doen ’n beroep op Sammy Claassen, wat as ANC-raadslid in die Weskus bedank het, om ons vanaand 8 November toe te spreek,’’ nooi Kapel.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply