‘Buddy’ piemp oor fake alibi

Please log in or register to like posts.
News
‘Buddy’ piemp oor fake alibi

AS ENIGE iemand sou bel en vra waar Rob Packham was die oggend toe sy vrou verdwyn het, moes hy sê hulle was in ’n vergadering.Só het Lodewyk Janse van Rensburg, ’n voormalige kol­lega van Packham (57), gister in die Wes-Kaapse hoog­geregshof getuig.Janse van Rensburg was die derde staatsgetuie in Packham se moordverhoor. Hy word aangekla van die moord op sy vrou, Gill (57). Haar lyk is op 22 Februarie verlede jaar in die boot van haar uitgebrande kar gekry.Packham en Janse van Rensburg was kollegas by die Twizza-koeldrankfabriek in Bellville-Suid.Hy het getuig Packham was uitasem terwyl hulle oor die foon gepraat het.“Hy het gestres geklink. Hy het vinnig gepraat. Maar nadat ek ingestem het tot sy versoek het hy verlig geklink,” het Janse van Rensburg getuig.“Rob het gebel en gesê: ‘Buddy, buddy, ek ry rond op soek na my vrou. Sy is sedert 07:30 nog nie weer gesien nie. As enige iemand bel, sê net ons was 08:30 in ’n vergadering.” IngeklokMaar volgens die toegangsrekord, waarvoor vinger­afdrukke gebruik word, het Packham eers 09:47 ingeklok.“Ek het aan die versoek gedink en besluit om dit by human resources en produksiebestuur aan te meld. Ek was nie gelukkig oor die conversation met Rob nie omdat ek hom nooit gesien het nie en ons nooit ’n vergadering gehad het nie.”Adv. Susan Galloway, staatsaanklaer, het Janse van Rensburg gevra of hy geweet het Rob en Gill het huweliksprobleme gehad en dat sy gereeld op hom gecheck het. Janse van Rensburg het getuig Packham het hom daarvan vertel.Adv. Craig Webster, vir Packham, wou weet waarom daar ’n boodskap van Janse van Rensburg se foon aan Gill gestuur is.“Ek het stoute foto’s na Rob se foon gestuur, iets wat ons net op Vrydae gedoen het. Rob het gesê Nicola (sy dogter) het dit gesien.“Hy het my foon gevat en na sy eie nommer ’n boodskap gestuur om Gill verskoning te vra vir die foto’s.”Dit is onduidelik of Gill wel die foto’s gesien het.Die verhoor gaan vandag voort.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.