Budget ’n kode rooi | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Budget ’n kode rooi | Die Son

Update
Port Elizabeth

PASIËNTE kan honger ly terwyl hulle in die Butterworth-hospitaal se sorg is.Dié staatshospitaal het sy jaarlikse begroting vir goods en services in minder as ses maande geblaas.Jane Cowley, die DA se skaduminister van gesondheid, sê ’n onlangse toesigbesoek aan die fasiliteit het gewys die hospitaal het reeds klaargespeel met 96% van sy budget van R19,6 miljoen.SuurstofTeen middel Augustus was net R781 000 oor. Cowley sê diensverskaffers, insluitend sekuriteitspersoneel, het sedert Julie nog nie gepay nie.Die ergste van alles is dat die verskaffers van kritieke gasse – insluitend suurstof – sedert Junie nog nie betaal is nie.Die CEO van die hospitaal sê die provinsiale hoofkantoor weet van die situasie. Die grootkop sê die hospitaal gaan aansoek doen vir top-up fund­ing.Volgens travelground.­com het die hospitaal 350 beddens en serve dit 286 000 mense. RoekeloosCowley sê niemand het al gesê hoe die hospitaal in so ’n volslae verknorsing beland het nie.Volgens haar moes die departement van gesondheid mos aan die einde van die eerste kwartaal gesien hoe het roekeloos Butterworth se hospitaal met geld omgaan. Sy voel die departement moes die big spenders dadelik in die bek geruk en ’n manier gekry het om te beheer hoeveel geld uitgegee word.Volgens Cowley sal dienslewering beslis aanhou slegter word as die hospitaal dan nie eens geld het om te betaal vir die dinge en dienste wat hulle nodig het nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/budget-n-kode-rooi-20180926

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.