Buitestraf vir bedrieër | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Buitestraf vir bedrieër | Die Son

’N VOORMALIGE finansiële adviseur van Sanlam is 10 jaar tronkstraf opgelê ná op verskeie klagte van bedrog en vervalsing skuldig bevind is.Francois Martinus Labuschagne (51) is Maandag in die Bellville-handelshof gevonnis.Labuschagne is in Januarie 2017 in Louis Trichardt gearresteer ná ondersoek wat ses jaar geduur het. Labuschagne, wat by Sanlam se tak in Ceres gewerk het, het tussen Augustus 2007 en Januarie 2010 altesaam 32 kliënte uit R650 000 se hardverdiende spaargeld bedrieg. Labuschagne het sy kliënte oortuig om ‘n gedeelte van hul beleggingsportefeulje te ontrek en daarna voorgegee dat hy dit sou herbelê vir groter opbrengs. Die hof het bevel dat Labuschagne meer as R500 000 van sy pensioen en die balans van die wanbestuurde fondse in paaiemente moet terugbetaaal.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.