Bullets vlieg ná breakdown | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TERWYL bendegeweld bespreek is by ’n crime summit in Chatty se gemeenskapsaal het dié euwel nóg ’n lewe geëis.’n Jong man is gister helder oordag in Standfordweg in die Baaise noordelike gebiede dood­geskiet. In die area van Helenvale het die polisie dié hoofroete afge­baken omdat die man se lewelose liggaam in die middel van die pad gelê het. Daar was nie baie omstanders nie. Die meeste mense het op Ou Standfordweg se heuwel gestaan om te kyk wie die nuutste slagoffer van bendegeweld is.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het gister omstreeks 10:20 gebeur.“Daar word beweer ’n vlootblou VW Golf met drie insittendes het met Standfordweg gery toe die kar naby die Gaat probleme gegee het. “Een van die insittendes het uit die kar geklim, in ’n taxi geklim en weggery. Die ander twee het in die kar bly sit.“Daar word verder beweer ’n goudkleurige VW Golf het naby die gebreekte kar gestop. “Vyf mense het daaruit geklim.”Twee van die vyf het die gebreekte VW Golf genader en na bewering daarop begin skiet. Een persoon, ’n 24-jarige man, is dood nadat hy in die nek en bors getref is. ’n Ander persoon (22) is verskeie kere in die bene geskiet.Nog voordat die polisie op die toneel aangekom het, is die beseerde man hospitaal toe geneem.Naidu het gesê die oor­ledene se identiteit word weerhou totdat sy naas­bestaandes ingelig is van sy dood.Die provinsiale bendeeenheid ondersoek ’n saak van moord en van poging tot moord.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/bullets-vlieg-na-breakdown-20181128

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.