Buurtwaglid sien Rob in groen BMW

Please log in or register to like posts.
News
Buurtwaglid sien Rob in groen BMW

’N BUURTWAGLID het face to face met die vermeende wife killer Rob Packham gekom op die dag toe dié se vrou vermis geraak het.“Hy het nie na my gekyk nie, maar het angstig gelyk.”Dít is wat staatsgetuie nr. 25, Paul Gray, gesien het toe hy Packham in ’n metallic groen BMW sien klim het.Packham word aangekla van die moord op sy vrou, Gill. Haar lyk is op 22 Februarie verlede jaar in haar uitgebrande kar se boot by die Dieprivier-stasie gekry.Gray is ’n inwoner van Bergvliet. Hy het getuig hy het 14:00 op 22 Februarie ingeteken voordat hy op patrollie gegaan het.“Naby die Primêre Skool Herzlia het ek ’n stilstaande kar sonder nommerplate gesien. Daar was niemand in die kar nie. Dit het verdag gelyk. Ek het gedink dit is dalk ’n gesteelde kar,” het Gray getuig.Hy het uit sy motor geklim en rondom die BMW gestap. “Ek het ook opgelet dat die kar nie ’n licence disc het nie. “Ek het in my kar geklim. Dit het sowat 60 m van die BMW gestaan. Opgemerk“Ek het notas begin maak voordat ek dit aan die beheerkamer kon rapporteer sodat hulle dit kon opvolg.” Gray het verder getuig terwyl hy besig was om notas te maak, het hy opgemerk ’n man klim aan die bestuurderskant van die BMW in.“Ek kon sien dis ’n wit man met ’n kortbroek aan. “Ek het besluit om die kar te nader. “Toe ek by die bestuurderskant van die kar kom, het ek met my hand aangedui die persoon moet stop omdat daar ’n probleem is met die nommerplate.”Die getuie het gesê die man het nie na hom gekyk nie, maar hy kon sien die persoon krap in die omgewing van die stuurwiel.“Hy het angstig gelyk. Hy het net vinnig na my gekyk voordat hy weggery het. “Ek het hom agternagesit, maar kon hom naby Kendalweg nie meer sien nie.”Gray het gister verder getuig hy het Packham in ’n foto-identiteitsparade uitgeken. Hy moes ook aan die hof die persoon uitwys wat hy in die BMW gesien het.Hy het gesê twee mense in die hof lyk soos die man en het eers na ’n lid van die publiek in die galery beduie voordat hy sy hand op ’n angstige Packham se linkerskouer geplaas het.Nog ’n getuie, Tarryn Steed, het gesê die groen BMW is 14:17 in Boundaryweg gewaar.Steed werk as ’n lisensie­kontroleerder en toesighouer vir ’n privaat sekerheids­maatskappy in Constantia.“Die kar het links gedraai in Kendalweg en weer links in Myburghstraat. Dit het nie nommerplate voor of agter gehad nie.”Die saak duur voort.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.