Call toe berig nog warm is

Please log in or register to like posts.
News
Call toe berig nog warm is

DAAR is steeds mense wat omgee.Son het Dinsdag berig oor ’n talentvolle jong vrou wat sukkel om geld in te samel om haar droom te bewaarheid.En ’n paar uur nadat Son beskikbaar was, het ’n leser gebel en gesê hy wil help.Die leser is Sharief Christians, en hy het Jessica Burns die aand genoeg kontant gegee om ten minste haar retoervlug na Johannesburg te dek.En in ’n onverwagse wending bly Christians boonop net ’n paar strate van Burns af in Strand­fontein.Son het berig Burns het deurgedring tot die eindronde van die Summer Heat Model & Talent Search volgende maand.Sy en haar ma het probeer geld insamel sodat sy kan deelneem, maar die onder­steuning was maar traag.Christians sê toe hy die berig oor Burns lees, het hy net daar besluit om te help en haar dadelik gebel.Burns was oorstelp, en Son was teenwoordig toe Chris­tians die skenking aan haar by haar huis oorhandig het.Sy sê: “Ek het geweet God sal my help. Ek is vreeslik bly en baie opgewonde oor die donasie. Ek en my ma is werkloos, so my participation in die finals sou nie moontlik gewees het as mnr. Christians nie gehelp het nie.”Burns se trainer, Marel­dia Hendricks sê God stuur altyd iemand om ’n mens in nood te help.”Christians sê dit laat hom goed laat voel dat hy iemand kan help.“Ek is baie bly Jessica kan nou haar droom volg,” sê Christians.“As sy nie kon gaan nie, sou ons nooit geweet het waartoe sy in staat is met haar talente nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply