Chaos heers in metro meeting

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

CHAOS het gister op ’n raadsvergadering van Nelson Mandelabaai uitgebreek. Dit het gebeur toe DA-raadslede geweier het dat een van hulle nuwe raadslede by die raad uitgegooi word. Die drama het ontvou kort nadat Johann Mett­ler, munisipale bestuurder, die onlangse uitspraak deur die Baaise hooggeregshof voorgehou het met betrekking tot die DA-lidmaatskap van Victor Manyati. Mettler het gesê die uitspraak het duidelik gelui dat Manyati as raadslid sal aanbly totdat die DA se dissiplinêre prosesse teen hom gefinaliseer is.In laas maand se “coup” het Manyati buite stemming gebly. Dit het gelei tot die verwydering van die raad se DA-speaker – Jonathan Lawack. Kort nadat daar van Lawack ontslae geraak is, is Athol Trollip as burgemeester uitgestem. Hy is met Mongameli Bobani van die UDM as uitvoerende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro vervang. Werner Senekal (DA) het Dinsdag gesê die prosesse teen Manyati is afgehandel en hy is nie meer ’n raadslid nie. Senekal sê oor Manyati: “Dit gaan my verstand te bowe wat hy hier doen.” GeskreeuBuyelwa Mafaya, die raad se nuwe speaker, het toe aangedui Lutho Sokudela, die nuwe DA-raadslid, moet die raadsaal verlaat. Daar was ’n geskreeu terwyl DA-raadslede ’n ketting om Sokudela gevorm het. JOHANN METTLER Foto: SONmongameli bobani Foto’s: deon ferreiraHulle het daarop aangedring dat hulle nuwe raadslid nie die raadsaal moet verlaat nie.Hierna het Mafaya die munisipale sekuriteit beveel om Sokudela te ver­wyder. ’n Gestoei het uit­gebreek toe metro cops en sekuriteitspersoneel die raadsaal betree het. Laas week het die DA en sy koalisievennote, Cope en die ACDP, hulle tot die hooggeregshof gewend om die besluite wat op verlede maand se raadsvergadering geneem is, te hersien en onwettig te verklaar.Dit was toe dat Trollip uitgeskop is.Die koalisievennootskap se aansoek was egter onsuksesvol.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/chaos-heers-in-metro-meeting-20180925

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.