Cheryl Zondi soek justice | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Cheryl Zondi soek justice | Die Son

DIE eerste staatsgetuie in die saak teen die vermeende sekspes-pastoor, Timothy Omotoso, sê sy is reg om weer van voor af te getuig. Cheryl Zondi het gister ’n mediakonferensie in Johannesburg gehou nadat regter Mandela Makaula hom Vrydag van die saak onttrek het. Makaula het dié aankondiging gemaak nadat dit in Februarie vanjaar aan die lig gekom het dat getuies tuisgegaan het in ’n gastehuis waarin sy vrou ’n aandeel besit. Gister het Zondi gesê hoewel dit bitter moeilik was om reeds in die saak te getuig, sal sy nie opgee nie, al beteken dit sy moet weer van voor af getuig. Omotoso en sy twee mede-beskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, staan tereg op 97 seksverwante klagte. Dit wissel van verkragting, seksuele aanranding en mensehandel.Hulle moet op 30 Julie weer in die Baaise hooggeregshof verskyn, wanneer ’n nuwe regter die saak sal hanteer.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.