‘Child killer’ wil sy eie vonnis kies

Please log in or register to like posts.
News
‘Child killer’ wil sy eie vonnis kies

’N VERMEENDE kindermoordenaar van Manenberg wil nie life hê nie.Carlo de Kock (32) het gister in die Kaapse hooggeregshof verskyn op onder meer die moord op en verkragting van Charnelle McCrawl (10).Die gr. 4-leerder van die Primêre Skool Edendale in Manenberg is op 19 Oktober 2017 verkrag en vermoor.Haar lyk is die volgende dag toegedraai in die bosse by Primrose Park gevind.Die staat voer aan Charnelle het op dié dag De Kock se kinders ouder gewoonte gaan haal sodat hulle saam na ’n sopkombuis kon gaan voordat hulle skool toe sou stap.SkoolsakSy kinders was reeds weg saam met hulle ma.Charnelle was die kind van De Kock se skoonsuster.Die kind het nooit by die skool uitgekom nie. Haar skoolsak is in De Kock se wendyhuis gevind.De Kock het aangedui hy wil skuldig pleit, maar die hof het gister gehoor hy is nie happy met ’n lewenslange vonnis nie. Dis die minimum straf vir kindermoord en -rape.Die saak is tot volgende Woensdag uitgestel vir die afhandeling van ’n pleit­ooreenkoms tussen De Kock en die staat.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.