Cop in sop ‘vir ou rob’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N COP is kniediep in die bollie nadat hy en ’n makker na bewering ’n ou van sy gambling winnings gerob het.Die 26-jarige cop is verbonde aan die Humansdorp Operational Command Centre in Jeffreysbaai.Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, sê die 30-jarige klaer het gister 02:00 ’n klag gelê.Hy het gesê hy is beroof van sy casino-winnings wat hy by ’n dobbelplek in Da Gamastraat, Jeffreysbaai, gewen het.Volgens Nkohli beweer die klaer ’n swart Tata Indigo het langs hom stilgehou terwyl hy te voet op pad was om ’n vriend te gaan visit. Hy sê twee mans het uit die voertuig gejump, hom ’n paar opstoppers gegee, sy geld gevat en weggejaag.Nkohli sê die cops is onmiddellik ontplooi.Oomblikke later is ’n voertuig – wat ooreenstem met die beskrywing van die klaer – in Diazstraat gespot met twee mans daarin.Hulle het brandstof in die kar gegooi.Volgens Nkohli is die twee mans vir ondervraging geneem.Hulle is kort daarna in hegtenis geneem op ’n klag van roof met verswarende omstandighede.Die twee verdagtes van 22 en 26 jaar oud sal eersdaags in die Humansdorp-landdroshof verskyn.Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die Oos-Kaapse polisie­kommissaris, sê hierdie inhegtenisneming stuur ’n sterk boodskap uit dat die polisie aanhou ondersoekwerk sal doen, sonder fear or favour.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cop-in-sop-vir-ou-rob-20180925

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.