‘Cop killer’ by ouers gevang

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN wat vermoedelik betrokke was by die gewapende rooftog waarin konst. Dwane­ Kemp van die Baaise blitspatrollie doodgeskiet is, sal vandag in die landdroshof in die Baai verskyn.Die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde ondersoeke het die 24-jarige man Saterdag by sy ouers se huis in Algoapark ge­arresteer, sê brig. Hangwani Mulaudzi, ’n woordvoerder van die Valke.Hy is na bewering een van vyf rowers wat verlede Maandag die Le Bon-bakkery in Sentraal beroof het. Kemp en sy partner is na die toneel uitgeroep.Daar aangekom, was die rooftog in die bakkery, vol staff en klante, steeds aan die gang.MaagKONST. DWANE KEMPFOTO VERSKAFToe Kemp by die bakkery ingaan, het die rowers op hom geskiet.Hy is in die maag en hand gewond en is enkele ure later in die Life St. George-hospitaal dood.Nadat Kemp geskiet is, het sy partner op die rowers losgebrand.Vier van die rowers is op die toneel doodgeskiet.Die vyfde verdagte het van die toneel gevlug, maar is Saterdag gearresteer.HARTSEER: Konst. Dwane Kemp se vrou, Candice, en dogter, Jadyn, is Saterdag op sy begrafnis gebroke. Candice is ses maande swanger.Ná die rooftog is ’n 72 uur lange aktiveringsplan ingestel.Vir dié plan is beamptes van verskeie afdelings – onder meer misdaadintelligensie, forensiese experts, speurders en taktiese spanne – byeengebring om te verseker dat geen belangrike bewyse of intelligensie verlore raak nie.Mulaudzi meen dis te danke aan dié samewerkingsplan dat die verdagte gearresteer is.Die verdagte sal vandag in die hof verskyn op vyf klagte van moord en een van poging tot moord, sakeroof, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.Lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Valke, sê die arrestasie is ’n belangrike deurbraak in die fight teen diegene wat daarop uit is om wetstoepassingsbeamptes in die land te vermoor.“Die verdagte het ’n wetstoepassingsbeampte vermoor. Dit is ’n skedule 6-misdaad, wat ’n impak op ’n moontlike borgtogaansoek het.“Bo en behalwe dit word hy ook aangekla van die moord op sy accomplices sowel as roof, wat ’n minimum vonnis van life het.”Saterdag op Kemp se begrafnis in Charlo het die polisieminister, Bheki Cele, geëis dat die vyfde verdagte gearresteer word.“Die lang arm van die gereg het geen grense nie. Maak nie saak waar jy wegkruip nie, ons sal jou kry. Pligte“Die Valke het hulle goed van hulle taak gekwyt om te verseker dat die oortreder binne die aktiveringsplan vasgetrek word.”Cele het ook ’n beroep gedoen op polisiebeamptes om die tools tot hul beskikking verantwoordelik en decisively te gebruik wanneer hulle hul pligte uitvoer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cop-killer-by-ouers-gevang-20190128

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.