‘Cop killer’ soek borgtog | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE man wat aangekla word van die moord op die Baaise polisieman konst. Dwane Kemp, gaan volgende week om borgtog aansoek doen.Die 24-jarige man het gister weer vlugtig in die Baaise landdroshof verskyn.Die hof het vroeër beveel sy naam mag nie bekend gemaak word nie omdat hy nog vir ’n uitkenningsparade moet gaan.Gister het die hof weer beklemtoon sy naam of foto mag nie gepubliseer word nie.Hy sal op 15 Februarie weer in die hof verskyn wanneer hy na verwagting gaan probeer bail kry.Die beskuldigde bly in aanhouding.Die Valke het die man verlede Sondag by sy ouers se huis in Algoapark in hegtenis geneem.UitgeroepHy is na bewering een van vyf mense wat die Le-Bon-bakkery in Sentraal verlede maand beroof het.Kemp en sy partner, konst. Musa Hans, is na die toneel uitgeroep.Toe hulle daar aankom, was die rooftog in die bakkery, wat vol staff en klante was, steeds aan die gang.Die rowers het op Kemp geskiet toe hy by die bakkery ingegaan het.Hy is in die maag en hand gewond en is enkele ure ná die skietery in die Life St. George-hospitaal dood.Nadat Kemp geskiet is, het Hans op die rowers losgebrand. Vier van hulle is op die toneel doodgeskiet.Die polisie het intussen die dooie verdagtes se name bekend gemaak.Hulle is Phu­m­lani Dladla (27) van New Brighton, Mandise Ji­­zeli (36) en Phillip Mphu­mezi (33) van Zwide, en Thando­lwethu Mkatali (28) van Mis­sion­vale. Hulle was glo almal werkloos.Die vyfde verdagte het van die toneel gevlug, maar is laas Sondag gearresteer.Hy staan nou tereg op vyf klagte van moord en een elk van poging tot moord, sakeroof, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.Ná die rooftog is ’n 72 uur lange aktiveringsplan in werking gestel. Vir dié plan is beamptes van verskeie eenhede en afdelings byeen­gebring om seker te maak geen belangrike bewysstukke of intelligensie raak verlore nie. Dié lede was van misdaadintelligensie, die forensiese afdeling, speurtak en taktiese spanne.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cop-killer-soek-borgtog-20190205

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.