Cop ook betrokke by rooftog

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

’N VROUEPOLISIEKONSTABEL het gister in die hof in Humansdorp verskyn vir haar betrokkenheid by ’n rooftog vroeër die jaar by die Kareedouw-polisiekantoor.Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, sê die 30-jarige vrou word verbind met die sameswering agter die rooftog.Die rooftog het in Augustus gebeur toe vier gewapende mans dié konstabel, wat in die vroeë oggendure op ’n Saterdag aan diens was, “oorval” het.GevlugFeni sê die konstabel is glo gedreig, waarna die mans haar dienspistool gevat en haar gehandcuff het.Daarna het die mans twee R5-gewere, vier handgewere, ’n polisieradio en verskeie patrone gesteel.Die vroulike beampte, wat nie beseer is tydens die voorval nie, het ná die mans daar weg is, alarm gemaak en vir die polisie gesê die verdagtes het in ’n onbekende voertuig gevlug.Feni sê die ondersoek duur voort en meer arrestasies word binnekort verwag.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cop-ook-betrokke-by-rooftog-20181114

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.