Cop skiet verdagtes wat vlug; twee dood

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE vermeende rowers is doodgeskiet toe ’n polisiebeampte wat nie aan diens was nie, hulle Saterdagoggend vol lood gepomp het. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het by ’n huis in Rolihlahla­straat in die Walmer-township gebeur. Die vermeende rowers het omstreeks 04:30 by ’n kamer aan die agterkant van die huis ingebreek, die man en sy girlfriend gedreig en toe selfone en ’n televisie gevat. Die man is in die voorval in sy been gesteek. Naidu sê die man se broer, ’n sersant verbonde aan die Mountweg-polisiestasie, was in ’n nabygeleë flat en het die commotion gehoor. Hy het toe by die venster uitgeloer. Ineengestort“Toe die verdagtes hom sien, het hulle ’n baksteen na sy venster gegooi. Daarna het die beampte skote op die verdagtes gevuur en die verdagtes het weggehardloop.“By die hek het een man ineengestort en is dood. Om 08:00 is die liggaam van die ander verdagte sowat 200 m van die huis gevind. “Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat sal die twee sake van moord ondersoek, terwyl die Mountweg-polisie die saak van huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer, sal ondersoek.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cop-skiet-verdagtes-wat-vlug-twee-dood-20190310

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.