Cops arresteer vier met vuurwapens

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

VIER verdagtes is in aparte voorvalle in die Baaise Northerns gearresteer vir die onwettige besit van vuur­wapens en ammunisie.Nog ’n verdagte is toegekap vir roof met ’n vuurwapen.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, verduidelik dié arrestasies is die gevolg van die polisie se verhoogde sigbaarheid in hotspot-areas van Bethelsdorp en Gelvan­dale.In die eerste voorval het beamptes Donderdag om 10:30 ’n grys Volkswagen Golf in William Slammert­rylaan in Bethelsdorp gestop.“Terwyl hulle die voertuig genader het, het drie van die vier insittendes uitgekom. Die vierde persoon wat agterin gesit het, het in die voertuig gebly.“Soos die cops die voertuig nader, het die verdagte (26) ’n vuurwapen onder die sitplek gedruk.“Daar is toe beslag gelê op die pistool en die verdagte is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.”In die tweede voorval om 10:50 het die beamptes in Siyazamastraat, Timothy Valley, gepatrolleer toe hulle­ sien hoe ’n man uit ’n tuin in Khawulezastraat kom.Veiligheidshek“Die beamptes het hom gevolg en toe hy die polisievoertuig sien, het hy by ’n erf ingehardloop. Soos hy probeer het om in die huis te kom, het die polisie hom gegryp.“Die beamptes het gesien hoe hy ’n silwer voorwerp deur die veiligheidshek in die huis gooi en ’n .38-rewolwer is in die huis gevind.” Die 17-jarige verdagte is gearresteer vir die onwettige besit van ’n vuurwapen.In nog ’n voorval om 14:30 het beamptes twee mans gesien wat uit ’n oop veld in Scholtzstraat kom. “Een van die mans het die polisiebeamptes dopgehou. “Toe hulle deursoek is, is ’n rewolwer in sy besit gevind.”Die 18-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.En in die vierde voorval die aand om 18:55 het die polisie vyf mans in Gondolasingel in Palm Ridge opgemerk.“Een van die mans is ’n berugte misdadiger na wie die polisie gesoek het vir ’n rooftog wat vroeër die dag uitgevoer is.“Toe die polisievoertuig stilhou, het een van hulle senuweeagtig geword en probeer hardloop. “Toe hy in hegtenis geneem word, het hy ’n 9 mm-pistool op die grond gegooi.”Die 27-jarige verdagte word aangehou vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie. Sy makker (29) is gearresteer vir die roof.Al vier vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit in ’n misdaad gebruik is.Die verdagtes sal almal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-arresteer-vier-met-vuurwapens-20190223

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.