Cops bust ou met 2 ‘guns’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Baai se cops het ’n 20-jarige gearresteer vir die onwettige besit van twee vuurwapens. Dít was nadat die Motherwell cluster se operasionale bevel­sentrum inligting opgevolg het oor ’n verdagte met guns.Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het gister omstreeks 03:00 die verdagte se huis in Mkhuzestraat, Zwide, deursoek. Die verdagte is met ’n .38-rewolwer en vier rondes ammunisie in sy broek betrap. Ná ’n verdere soektog is ’n 7.65-pistool onder ’n bed gekry. Daar was egter geen ammunisie vir dié pistool nie. Albei vuurwapens is vir ballistiese en forensiese toetse gestuur oor die serial numbers reeds verwyder is. Die verdagte verskyn vandag in die New Brighton-hof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-bust-ou-met-2-guns-20180926

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.