Cops cuff 2 wat hasepad kies

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE escapes in net twee dae.Dít was die situasie dié week by die Humansdorp-hof.Die cops het egter daarin geslaag om albei die escapees ná ’n vinnige geskarrel weer te handcuff.In die eerste voorval Maandag het ’n man van Jeffreysbaai wat die lang pad moes vat, eerder die hasepad gekies.Nathan Jordaan het skuldig gepleit op die besit van gesteelde eiendom.Hy het ook drie vorige veroordelings en is tot 24 maande tronkstraf gevonnis.Toe die polisiebeampte Jordaan se vingerafdrukke moes neem, het hy soos ’n vuurpyl by die hof se deur en toe die hek uitgehardloop.Slim het egter sy baas gevang – twee polisiebeamptes het Jordaan net ’n uur later by sy ouerhuis in Jeffreysbaai gaan arresteer. En gister was dit byna déjà vu vir die hofpersoneel toe nog ’n beskuldigde in ’n saak, Jack Ndlovu, uit die vangwa spring en by die hekke uithardloop.Hy was egter nie vinnig genoeg nie en ’n polisiebeampte het hom sowat 1 km van die hof af ingehardloop en gearresteer.Ontsnappingsvas: Jack Ndlovu kort nadat hy gister weer gevang is.Foto: maryna barnardNdlovu staan saam met vyf ander tereg op klagte van poging tot moord en ontvoering nadat hulle op 12 Oktober vanjaar glo ’n man se hande en voete vasgebind het, hom met ’n sambok geslaan en toe in die see gegooi het.Hy verskyn vandag weer in die hof wanneer hy om borgtog sal aansoek doen. ’n Inwoner van Humansdorp meen die polisie kan nie geblameer word vir die ontsnappings nie, aangesien die hof se hekke permanent wawyd oop staan.“Almal se lewe is in gevaar, want enige boef kan by die hof in- of uithardloop en doen net wat hy wil.”Sers. Majola Nkohli, ’n polisiewoordvoerder, het teen druktyd nog nie op Son se navrae om kommentaar gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-cuff-2-wat-hasepad-kies-20181030

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.