Cops gekap oor proses | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Cops gekap oor proses | Die Son

Update
Port Elizabeth

DIE een beskuldigde in die Denise Webber-moordsaak wás bereid om die moordtoneel aan die cops te gaan uitwys.Só het lt.kol. Stefanus de Bruyn Vrydag getuig. Voor hom is kapt. Gary Durandt in kruis­onder­vraging gegrill daaroor of die regte prosedure in ’n uitwysing gevolg is.Die twee polisiemanne het getuig in die verhoor van Fikile Mengo (20), Mkhuseli Ngqanda (29), Thandu­xolo Vumazonke (23) en Sinethemba Nene­mba (28).Hulle ontken skuld op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Webber is in Augustus 2015 in haar huis in Kabegapark vermoor.Ngqanda se lawyer, Eric Skepe, het Durandt kruisondervra. Volgens hom het sy kliënt­ nie die prosedure vir uitwysing verstaan nie.Skepe het gesê Ngqanda gaan getuig hy het voor die uitwysing gesê hy soek ’n lawyer.Durandt het getuig as Ngqanda inderdaad aangedui het hy wil regsverteenwoordiging hê, sou hy (Durandt) die proses net daar gestop het.Skepe het aangevoer daar was ’n communi­ca­tion breakdown tussen Durand­t en Ngqanda. mkhuseli ngqanda Foto: deon ferreira thanduxolo vumazonke fikile mengo Die kaptein het gesê dit is nie waar nie.Hy het getuig as daar enige iets was wat die beskuldigde nie verstaan het nie, sou hy die vraag weer gestel of die tolk se hulp ingeroep het.Volgens Durandt het hy nie opgemerk dat Ngqanda met die verduideliking van die uitwysingsproses enigsins moeg was nie.Die cop was confident dat daar geen probleme met die proses was nie. Hy het getuig as hy nie was nie, sou hy nie met die uit­wysing voortgegaan het nie. Volgens Durandt was hy happy dat daar gekyk is na die beskuldigde se belange. Skepe het ook aangevoer Ngqanda se konstitusio­nele regte is nie deeglik aan hom verduidelik nie en daarom het hy hom nie daarop beroep nie. Nadat Durandt kruisondervra is, het De Bruyn getuig Ngqanda het die uitwysing gedoen nadat sy confession afgeneem is.Die saak dien voor regter Irma Schoeman. Adv. Jason­ Thysse kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-gekap-oor-proses-20180916

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.