Cops groet hul vermoorde kollega

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HY’T ’n persoonlikheid gehad wat almal rondom hom aangetrek het.So het konst. R. Fischer Vrydag gesê by die memorial service van konst. Dwane Kemp (31), sy ont­slape kollega. Kemp is onlangs in ’n rooftog gewond en het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.Volgens Fischer, wat die trane kort-kort moes sluk, het Kemp altyd die vermoë gehad om ’n vertrek op te helder.Hy’t bygevoeg Kemp se kollegas gaan sy corny jokes – wat Kemp gedink het is funny – baie mis. “Hy was een van die gaafste mense wat ek geken het.” Konst. D. Grebe, ook ’n goeie vriend van Kemp, sê Kemp was ’n baie gesofistikeerde man.Hy het ook Vrydag aan almal vertel hoe goed hy nog kan onthou hoe hy saam met Kemp ’n verloofring vir dié se vrou, Candice, help uitsoek het. StrawweTheresa Fourie, die streeksvoorsitter van die polisie-unie SAPU, het ook die unie se medelye aan Kemp se naasbestaandes betuig.Fourie het gesê dit is tyd dat die regering swaarder strawwe vir polisiemoorde oplê.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-groet-hul-vermoorde-kollega-20190126

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.