Cops jag mans wat driver in taxi vermoor

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie is besig met ’n manhunt nadat twee verdagtes ’n 57-jarige taxibestuurder Vrydagaand doodgeskiet het.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die taxi was van Noordeinde in Port Elizabeth onderweg in die rigting van Despatch toe die driver op die R75 stilgehou het om passasiers af te laai.Terwyl die passasiers by die taxi uitgeklim het, het twee mans, wat ook in die taxi was, verskeie skote op die driver afgevuur.Die taxibestuurder is op die toneel van die skietery dood.Die twee verdagtes het daarna in die rigting van Joe Slovo gevlug.Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.Die polisie vra dat enige een met inligting wat met die ondersoek kan help, hulle naaste polisiestasie bel.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-jag-mans-wat-driver-in-taxi-vermoor-20181125

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.