Cops keer 2 aan vir huisbraak

Please log in or register to like posts.
News

’N VROU (58) en ’n makker (26) is Vrydag gearresteer vir onder meer diefstal en huisbraak en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.Dié arrestasie is omstreeks 04:00 in die informele nedersetting Nomathamsanqa in Addo uitgevoer by die verdagtes se onderskeie huise.“Dié deurbraak kom nadat ’n intelligensie-gedrewe operasie uitgevoer is. “Speurders het Sondag waardevolle inligting ontvang en ’n multidissiplinêre span bestaande uit polisiebeamptes opgestel,” het kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, gesê.Verskeie elektroniese toestelle wat na bewering verwyder is uit ’n woning in Addo is in die soektogte gevind. GekonfiskeerDit sluit TV-stelle, rekenaars, verkykers, bore, grassnyers, kameralense, voegsae, setapparate, ’n klein kluis, ’n kampstoof, bergfiets, 48 kg-gasbottel en ’n persmasjien in. Nog items wat gevind is, is PlayStations, Xbox’e, ’n Notebook, skuurmasjiene, slypmasjiene, digitale kameras, ’n elektriese wisselrigter, ’n generator, DVD-spelers en verskeie selfone. Die items, met ’n geskatte waarde van R100 000, is gekonfiskeer.Brig. Ronald Koll, bevelvoerder van die Uitenhage-kluster, het die toegewyde span geprys vir die arrestasie.Die twee verdagtes sal môre in die Kirkwood-landdroshof verskyn. Nog klagte sal bygevoeg word nadat die ondersoeke afgehandel is.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.