Cops kyk na venstermoord | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

HY HET halflyf deur ’n venster geleun en ’n bejaarde man in sy bed afgemaai … Nou soek die polisie in Seafield dringend die killer. Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Maandag omstreeks 23:30 gebeur.“Die oorledene se erg getraumatiseerde vrou het iemand by die venster gesien en haar man wakker gemaak. Toe die man probeer opstaan, het die verdagte van buite deur die venster geleun en die man geskiet.“Hy het toe van die toneel af gevlug.”In die polisie se ondersoek het forensiese experts ’n klere-item gekry wat moontlik aan die verdagte behoort.OndersoekBrig. Morgan Govender, groepbevelvoerder in die Port Alfred-gebied, is geskok deur dié moord. “Ons stuur ons innige mede­lye aan die familie en vriende van die slagoffer.“Ons doen ook ’n beroep op die gemeenskap om die polisie met hulle ondersoek te help.”Teen gister was geen arrestasies nog gedoen nie.Mense met inligting word versoek om AO Yeza Tyala te kontak by 082 442 3814 of 046 675 1113. Inligting kan ook deurgegee word op die polisie se Stop Misdaad-nommer, 08600 10111.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-kyk-na-venstermoord-20190122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.