Cops loof community ná hulle verdagte vang

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE provinsiale polisiekommissaris het die inhegtenisneming van ’n 25-jarige man wat moontlik met die dood van ’n jong vrou verbind kan word, verwelkom.Luidens ’n polisieverklaring is die verdagte Woensdag omstreeks 19:00 in Elliot­dale in hegtenis geneem.Die 18-jarige vrou wat wreed vermoor is, is glo familie van die verdagte.Ná ’n uitgerekte en geïntegreerde soektog deur die polisie en die gemeenskap is die verdagte naby een van die villages aangetref waar hy geskuil het.Volgens lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie die gemeenskapslede wat die verdagte vasgetrek en toe aan die polisie oorhandig het, geloof vir hulle optrede.Ntshinga sê die erns en sensitiewe aard van hierdie spesifieke misdaad het haar kantoor genoop om ’n 72-uur-benadering te aktiveer om te verseker dat daar nie baie tyd vir die verdagte is om op vrye voet te wees nie. Die verdagte verskyn vandag in die Elliotdale-landdroshof op ’n moordklag.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-loof-community-na-hulle-verdagte-vang-20181227

Share this page to Telegram

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.