Cops skiet man dood ná rooftog

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie het ’n vermeende rower in Maclear­ doodgeskiet.Dít kom kort ná ’n sakerooftog Dinsdag om en by 08:00 in dié dorp.Twee verdagtes – een gewapen – het die besigheid binnegegaan en toegang tot die kluis verkry.Kol. Sibongile Soci, ’n polisiewoordvoerder, sê die rowers het ’n onbekende bedrag gevat en ook die tills leeggemaak. Daarna het hulle in die Ford Ranger-bakkie van een van die werkers gevlug.SoektogDie polisie is toe van die voorval laat weet. Hulle het met behulp van die bakkie se tracking sys­tem onmiddellik die bakkie begin track.Die verdagtes het die bakkie in Nkwenkweni naby Qumbu gelos en in ’n nabygeleë plantasie in gehardloop.Ná ’n intensiewe soektog van vier uur is een van die verdagtes gewaar. ’n Oor-en-weer-skietery tussen die verdagte en die polisie het gevolg, waarin die verdagte doodgeskiet is. Magasyne“Die tweede verdagte het daarin geslaag om te ontsnap, maar alle moontlike leidrade word opgevolg.”Die polisie het beslag gelê op die Ford Ranger, ’n R4-geweer en twee magasyne.“Die polisie in die provinsie is daartoe verbind op misdaad uit te roei. Ons sal voortgaan om ’n zero tolerance approach teenoor misdaad te volg,” sê genl.maj. André Swart, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-skiet-man-dood-na-rooftog-20190116

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.