‘Cops slaan my ná arrestasie’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE cops het hom na bewering aangerand deur hom ’n paar keer met oop hande en een keer met die vuis op die bors te slaan.So het Thanduxolo Vumazonke (23) Vrydag getuig in ’n binneverhoor in die Baaise hooggeregshof.Hy staan saam met Fekile Mengo (20), Mkhuseli Ngqanda (29) en Sinethemba Nenemba (28) tereg op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede.Die vier stuks word daarvan aangekla dat hulle betrokke was by die moord op Denise Marlene Webber (78) van Kabegapark in 2015. Vumazonke het Vrydag getuig hy het met sy inhegtenisneming in Augustus 2015 in ’n motor in ’n straat in New Brighton gesit toe speursers. Dudley Ferreira hom genader het.Hy het gesê hy het die voertuig se enjin afgeskakel en uitgeklim, soos Ferreira hom instruct het om te doen.Volgens Vumazonke het Ferreira sy regte aan hom voorgelees.Hy het hom meegedeel hy neem hom in hegtenis op klagte van huisbraak en die moord op ’n bejaarde vrou.Vumazonke het gesê toe hy Ferreira meedeel hy weet nie waarvan hy praat nie en hy gaan niks sê nie, het Ferreira hom twee of drie keer met oop hande geslaan.Hy het getuig lede van die gemeenskap het in daardie stadium nader aan hulle beweeg. Hulle het Ferreira gevra hoekom hulle Vumazonke aanrand terwyl hulle hom in hegtenis neem.Vumazonke het gesê op pad na die New Brighton-polisie het ’n Xhosa-man wat saam met hom agter in die polisievoertuig gesit het, aan Ferreira gesê: “It’s not this one.”Volgens hom is hy by die New Brighton-polisiestasie weer aan sy regte herinner en die redes hoekom hy in hegtenis geneem is.Hy het getuig die polisie het die voertuig waarin hy gesit het, deursoek, maar niks daarin gekry nie.Vumazonke het gesê nadat hulle by die Kabegapark-polisiestasie aangekom het, was hy in ’n kantoor saam met ene kapt. De Bruyn, Ferreira en konst. Koen.Volgens hom het die cops sy versoek geïgnoreer om ’n phone call na sy familie te maak.Vumazonke het verduidelik hy wou sy familie laat weet hy is in hegtenis geneem en hulle moes vir hom tekkies bring omdat dit koud was.Volgens hom is hy later na die Mountweg-polisiestasie geneem.Vumazonke het gesê daar het hy in die ontvangslokaal van die aanhoudingselle ’n bord gesien waarop sy naam geskryf was.Langs sy naam was geskryf hy moes geen oproepe en besoekers ontvang nie.Volgens Vumazonke het die cops hom die next dag weer na die Kabegapark-polisiestasie geneem, waar hy toe weer oor die saak ondervra is.Hy het gesê hy het die cops daar weer meegedeel hy weet niks van die saak nie en gaan niks sê nie.Volgens Vumazonke het De Bruyn hom toe met oop hande aangerand en een keer met die vuis op die bors geslaan.Vumazonke het gesê De Bruyn het toe vir Ferreira aangesê om ’n plastieksak en ’n spray te gaan haal. Dis toe voor Vumazonke op ’n tafel neergesit.Hy het getuig die cops het hom meegedeel as hy hulle verder moeilikheid gee, gaan hulle gebruik maak van die plastieksak en spray.Volgens Vumazonke het een van die cops ’n statement van beskuldigde 2 voor hom neergesit en hom aangesê om dit te lees.Vumazonke het getuig dié cop het gesê hy moet daarna ’n soortgelyke verklaring aflê.Hy het bygevoeg die cop het gesê hy moet die naam van ene Tikash vervang met sy eie naam en hom op dié manier by die voorval implicate.Hy het getuig die cops het van hom verwag om die “soortgelyke” verklaring wat hy gemaak het, aan ’n ander cop – kapt. Allan Stuurman – te herhaal.Volgens Vumazonke was sy statement aan Stuurman nie vrywillig nie.Die verhoor dien voor regter Irma Schoeman.Zolile Ngqeza tree op namens Vumazonke.Adv. Jason Thysse is die staatsaanklaer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-slaan-my-na-arrestasie-20180902

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.