Cops soek drywer ná ou se dood

Please log in or register to like posts.
News

DIE polisie sê geen ooglopende beserings is aan die liggaam van Chandré Adams (25) gevind nie.Daar is Sondag omstreeks 08:00 op Adams se lyk in die bosse naby Van Durrenstraat en Goliathweg in Gelvandale afgekom.Geen besittings is by Adams gevind nie. Selfs sy skoene is skoonveld. “Daar word verder beweer dat hy laas op 16 Maart omstreeks 23:00 gesien is waar hy weggery het in ’n wit Citi Golf op die hoek van Goliath- en Springbokweg. Bestuurder“Dit is die laaste dat enige iemand hom gesien het,” sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder.Die polisie het met ’n geregtelike nadoodse ondersoek begin.Die polisie doen ’n beroep op enige iemand wat kan help om die bestuurder van die Golf op te spoor of inligting oor Adams se dood het, om AO Edman Mandeka te bel by 078 370 9785.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.