Cops soek groep wat 3 vermoor

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE polisie in die Oos-Kaap soek na drie verdagtes wat verbind word met ’n drie­dubbele moord in die Payne-woonbuurt.Kapt. Khaya Tonjeni, ’n woordvoerder van die polisie, sê die drie mans het Sondag by ’n flat ingebreek en op die inwoners losgebrand. BeseerEen mens is in die woonstel doodgeskiet. Die ander twee is om die lewe gebring terwyl hulle uit die flat probeer ontsnap het. Nog ’n man is kritiek beseer en na ’n hospitaal geneem vir behandeling.Tonjeni sê die motief vir die moord is nog onbekend. Die polisie doen ’n beroep op enige een met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes om die polisie se Stop Misdaad-nommer te kontak. Dis 08600 10111.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-soek-groep-wat-3-vermoor-20190212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.