Cops vang 3 ná rooftog

Please log in or register to like posts.
Nuus
Cops vang 3 ná rooftog

Update
Port Elizabeth

DIE polisie het drie roofverdagtes Vrydag in hegtenis geneem enkele ure ná ’n cash-in-transit-rooftog.Die rowers het toegeslaan op ’n pen­sion payout-punt naby Lady Frere in die Oos-Kaap. ’n Onbekende aantal rowers het die pensioners at gun­point beveel om plat te lê.Hierna het hulle sekerheidsbeamptes wat geld vir die payout gereed gekry het, gekonfronteer. Die verdagtes het die beamptes oorrompel en toe met ’n onbekende bedrag op die vlug geslaan. Volgens kol. Brenda Muri­dili, nasionale polisiewoordvoerder, is die inhegtenisnemings gedoen deur lede van ’n multidissiplinêre taakspan. Sy sê die span is geaktiveer as deel van die 72-uur-Activa­tion Plan om die verdagtes aan te keer. VuurwapensDie span het bestaan uit verskeie eenhede, insluitend die honde-eenheid en die polisie se lugvleueltak. Die lugvleueltak het die lede gehelp om die betrokke area af te sper. Die span het drie verdagtes in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op ’n onbekende bedrag, twee vuurwapens en ’n voertuig wat gebruik is as die getaway car. Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die vinnige reaksie en die gebruikmaking van die 72-uur-Activation Plan wat tot die suksesse gelei het, geloof.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cops-vang-3-na-rooftog-20180916

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.