Cops vind perly van R1 miljoen

Please log in or register to like posts.
News
Cops vind perly van R1 miljoen

’N PERLY-SMOKKELAAR is gister aangekeer.Die cops het ’n groot slag geslaan deur op perly van meer as R1 miljoen beslag te lê.Hulle het gisteroggend in ’n misdaadoperasie ’n verdagte wit Opel Corsa in De Wingerd-laan, Burgundy Estate, opgemerk.Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die cops die kar afgetrek.“Hulle het die motor deursoek en op valse kompartemente in die motor afgekom.Toerusting“Nader inligting het die polisie gelei na die verdagte se huis, waar sakke perlemoen en vier skale gevind is.“In die slaapkamer is ook verskeie stukke toerusting gevind wat gebruik word in die onwettige verwerking van perlemoen.“Daar was gasbottels, groot kookpotte, waaiers, plastiekhouers en sakke sout in die kamer.”Die cops het altesame 2 064 perlemoene gekonfiskeer.Die verdagte man (45) verskyn vandag in die Parow-landdroshof.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply