Cops vra hulp met execution-moorde

Please log in or register to like posts.
News

DIE execution style-moord op drie jong mense het die Walmer-lokasie geruk. Nóg ’n slagoffer is gewond.Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die vrou wat Dinsdag se skietvoorval oorleef het, veg nog vir haar lewe in ’n plaaslike hospitaal.Die polisie het Dinsdag 22:30 in dié Baaise lokasie in Yoyostraat gepatrolleer toe hulle opmerk dat vier mense in ’n stuk veld langs ’n grondpad lê.By nadere ondersoek het hulle gesien ál vier is in die kop geskiet.Twee vroue en ’n man is op die toneel dood verklaar. Die man is uitgeken as die 23-jarige Sinethemba Dumezweni, maar die identiteit van die drie vroue is nog onbekend. Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te help om die drie vroue uit te ken en die moordenaar(s) vas te trek.Die vrou wat die voorval oorleef het, het ’n swart toppie, blou jeans, rooi keps en grys New Balance-tekkies aangehad. MotiefEen van die vermoorde vroue het ’n wit T-shirt, swart kortbroek en swart Converse-tekkies aangehad. Die ander vroulike slagoffer het ’n swart top, blou jeans en navy-blou New Balance-tekkies gedra. Die motief vir die moorde word nog ondersoek.Die polisie het egter reeds roof as motief uitgesluit, aangesien die slagoffers nog hulle selfone en tekkies by hulle gehad het.’n Aksieplan oor 72 uur is ook begin om die gru-moorde te ondersoek. Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, is geskok deur die moorde. “Dié barbaarse misdadigers moet agter tralies beland en alle hulpbronne moet ingespan word om seker te maak hulle word vasgetrek.”Enigeen met inligting word gevra om hul naaste polisiestasie of lt.kol. Willie Mayi te kontak by 082 697 5914.Alle inligting sal as uiters vertroulik hanteer word.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.