Couple se kar afgeskryf, man dood in ongeluk

Please log in or register to like posts.
News
Couple se kar afgeskryf, man dood in ongeluk

LANGEBAAN. – ’n Man het sy lewe verloor in ’n ongeluk op die Langebaan-Malmesbury-pad.Monrique Domingo was ’n boorling van Tulbagh.Die kar waarin Monrique en sy vrou, Cecilia, Woensdagoggend gereis het, is ’n totale wrak. Dit is nog nie bekend presies hoe die ongeluk gebeur het nie.Monrique is op die toneel dood verklaar en Cecilia is na ’n hospitaal vervoer vir mediese behandeling.Monrique het ’n paar jaar gelede by Absa-bank in Robertson gewerk. Hy is beskryf as ’n vriendelike mens wat altyd sy kliënte met ’n passie gehelp het. Familie en vriende het op verskeie sosialemedia-platforms hulde aan hom gebring.Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.