Courtney: Uitspraak aan die gang

Please log in or register to like posts.
News
Courtney: Uitspraak aan die gang

UITSPRAAK in die moordsaak van Courtney Pieters is huidiglik aan die gang in die Kaapse hooggeregshof.Mortimer Saunders is aangekla van Courtney (3) se dood. Sy is in Mei verlede jaar verkrag en vermoor. Saunders het erken dat hy Courtney vermoor het deur haar miergif in te gee, te wurg en toe versmoor. Hy ontken dat hy haar verkrag het, maar se wel, hy het onsedelike dade met haar lykie gepleeg.Saunders is vandag in ‘n bruin leerbaadjie geklee. Hy luister aandagtig na regter Pearl Mantame.Courtney se ouers, Juanita Pieters en Aaron Fourie, sit voor in die hof langs die ondersoekbeampte.Die gallery is volgepak met meestal ondersteuners vir die oorledene.Hou Son dop vir meer inligting oor die saak.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply