Cowa-Bhanga! DA-man kom met plan

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Oos-Kaap is gebreek en ál moontlike redder van hierdie provinsie, glo Nqaba Bhanga, die DA se premierskandidaat, is sy party.Bhanga het Woensdag in die Baai ’n alternatiewe provinsiale rede by die Athenaeum gelewer.“Elke dag word dit duideliker dat die Oos-Kaap ’n stukkende provinsie is weens die falende ANC-regering, wat sy eie belange bo dié van die mense gestel het.“Die kinders word gehalte-onderrig ontneem.“Ons ma’s en pa’s lewe in goorheid en wag vergeefs vir die huise wat beloof, maar nooit gebou is nie. “Ons broers en susters gaan honger­ bed toe. Hulle vind nie werk hier nie en gaan dan weg om elders werk te soek,” sê Bhanga.Bhanga voeg by die klinieke is vol en hospitale is aan flarde. Hy sê die paaie verkrummel en die water droog op; dienslewering in swak en die misdaadsyfer styg.Hy glo die eerste stap na ’n op­lossing vir die probleem, is om te erken daar is een.Bhanga het die afgelope ses maande in die provinsie rondgegaan en met gemeenskappe gepraat.Hy voeg by daar is geen twyfel dat die polisiediens die provinsie in die steek laat nie, veral met ’n moord­syfer wat met 5,2% gestyg het. Dit wil sê gemiddeld 10 mense word daagliks in die provinsie vermoor.“Die Oos-Kaap het ook die tweede hoogste syfer van aangemelde moorde op vroue (550) en kinders (180) – ná KwaZulu-Natal. “Om dit as DA-regering die hoof te bied, sal ons ’n bekwame metropolisiediens in die Buffalo City- en Nelson Mandela-metro vestig met die kapasiteit om bendegeweld en dwelmbedrywighede te bekamp. Bhanga sê die Oos-Kaap het met 36,1% die hoogste vlak van werkloosheid in die land.Hy sê as premier sal hy daarop fokus dat iemand in elke huishouding in die provinsie ’n werk kry.“Luidens die nasionale tesourie se spe­siale ouditdiens-verslag het die provinsiale regering tussen 2011 en 2017 R1,6 miljard gemors. Dit is fondse wat geoormerk was vir mobiele klaskamers, paaie en huise. “Die onderwysdepartement het meer as R63 miljoen spandeer op spyseniering – geld wat gespandeer kon word op boeke, biblioteke, rekenaar-labs en die verskaffing van e-Learning,” beklemtoon Bhanga. Die DA se premierskandidaat voeg by sy party sal ook basiese dienslewering versnel. Dit wil sê die beskikbaarstelling van toegang tot elektrisiteit, water en sanitasie.Die DA gaan op 23 Februarie sy nasionale manifes bekend stel en verder oor dié bogenoemde kwessies praat.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cowa-bhanga-da-man-kom-met-plan-20190216

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.