Cyril ‘moet ’n kragplan gee’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

“DIÉ drastiese beurtkrag is onaanvaarbaar.”Só sak die Nelson Mandelabaai-sakekamer af oor die huidige load shedding.Saterdag het Suid-Afrika se eie Prince of Darkness, Eskom, fase 4-beurtkrag afgekondig.Dit beteken baie van die areas in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit verloor tot ag ure se elektrisiteitstoevoer per dag.Nomkhita Mona, uitvoerende hoof van die sake­kamer, sê die feit dat Eskom sulke drastiese kragonderbrekings moet toepas, wys in watter erge noodtoestand ons land se energietoevoer verkeer. En terwyl Baaienaars letterlik in die donker sit, sê Mona Eskom hou hulle boonop figuurlik in die donker. Sy wil weet hoe so ’n groot gebrek aan kapasiteit so vinnig op die kragverskaffer opgesneak het – en hoekom dit dan so lank vat om die situasie te herstel.SluitIntussen ly die ekonomie skipbreuk. Besighede kan nie eens hulle mees basiese funksies uitvoer nie.Mona sê min ondernemings is in staat om hulle eie elektrisiteit te genereer.Dus moet eienaars noodgedwonge hulle deure sluit. Só verloor hulle ’n groot deel van hul daaglikse inkomste. Dít terwyl kragtariewe genadeloos styg.“As dit só voortduur, gaan dit lei tot permanente sluitings en werksverliese.“Deur Eskom is ons as besighede en inwoners blootgestel aan ’n lewe wat onvolhoubaar en onaanvaarbaar is,” sê Mona voorts.Die sakekamer dring nou aan Eskom moet please explain waar die swaar load shedding skielik vandaan kom – en ook sê wat hy beplan om die situasie so gou moontlik op te los. Die sakekamer meen dit gaan slim planne kos om uit dié vernietigende siklus te breek.“Ons eis dat die president (Cyril Ramaphosa) die land in sy vertroue neem met die dringende planne om dié krisis op te los,” sê sy. “Die proses is toegelaat om voort te duur sonder enige sigbare gebeurlikheidsplanne. Ons bly in die donker, letterlik en figuurlik.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/cyril-moet-n-kragplan-gee-20190318

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.