D-dag vir cop in bende-sop

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N VOORMALIGE konstabel wat in Julie skuldig bevind is op ’n klag van strafbare manslag, word vandag gevonnis.Walter Francis (29) se skuldigbevinding spruit uit die skietdood van Denton Rademeyer (23) op 26 Oktober 2014 in Uitbreiding 21.Rademeyer is geskiet kort nadat Francis sy dienspistool aan ’n gangster-pel van hom gegee en hom gevra het om dit veilig te bewaar omdat Francis iemand hospitaal toe moes neem. Francis se lawyer, adv. Terry Price, het gister in sy voorvonnisbetoë gesê ’n mens kan berou hê al het jy onskuldig gepleit op die klagte teen jou. Volgens Price is dit ’n vorm van berou dat Francis in ’n proefbeampte-verslag noem hy neem verantwoordelikheid vir sy dade en hy verstaan die gevolge daarvan.Adv. Price het toe sekere case laws aan die hof voorgehou wat daarop wys dat die tronke oorbevolk is en dat blootstelling daaraan – gepaardgaande met swak dissipline – vernietigende gevolge vir eerste oortreders kan inhou.Hy het voorts aangehaal dat die tronk niks anders as ’n misdaadskool is nie. Volgens adv. Price is korrektiewe toesig ’n gepaste vonnis.Hy sê dit sal Francis die geleentheid gee om te besin oor wat hy gedoen het en dat hy heelwat versigtiger moet wees oor wie hy bevriend.Volgens Price behoort Francis aan ’n hegte familie. Hy het na Francis se pa verwys wat hom gereeld in die hof kom support.Price het ook verwys na Francis se sesjarige seun wat in sy sorg is. Volgens Price het ’n seun op daardie ouderdom sy pa nodig.Adv. Jason Thysse, staatsaanklaer, sê daar is geen voorgeskrewe reël dat ’n eerste oortreder nie tronk toe gestuur kan word nie.Hy sê indien Francis tronkstraf kry, sal daar ’n support system vir sy twee minderjarige kinders wees. Volgens Thysse het Francis se nalatige optrede gelei tot lewensverlies nadat hy opleiding in die polisiediens ontvang het in oor hoe om ’n vuurwapen te beveilig. Thysse sê Francis se situasie moet geëvalueer word in die lig daarvan dat hy ’n opgeleide cop was wat veronderstel was om die gemeenskap teen boewe te beskerm. Thysse wou weet: “Watter boodskap gaan ’n opgeskorte vonnis uitstuur?”Hy sê indien Francis nie direkte tronkstraf kry nie, kan die gemeenskap vertroue in die regstelsel verloor – veral met betrekking tot die cops.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/d-dag-vir-cop-in-bende-sop-20181011

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.