D-dag vir ’n duiwelskind | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N REEKSVERKRAGTER wat van 2007 tot 2011 in die Oos-Kaap ’n skrikbewind gevoer het, hoor waarskynlik vandag sy lot. Luvuyo Malawana Mananga van NU16 in die township Mda­ntsane is vroeër deur DNS met 11 verkragtingsake verbind. Hy is ook skuldig bevind aan ontvoering, roof met verswarende omstandig­hede en die rig van ’n vuurwapen.Op 19 Mei 2007 het hy ’n 22-jarige vrou in Mda­ntsane verkrag. Die klagte is later teruggetrek omdat sy te bang was.Op 5 Junie 2009 het hy in Oos-Londen ’n 22-jarige vrou wat van die skool af alleen huis toe geloop het, beroof en verkrag.In 2010 het Mananga eers besig geword. Op 19 Januarie het hy naby die Nkqu­bela-hospitaal ’n 24-jarige vrou verkrag wat op pad werk toe was.Net ’n paar dae later, op 23 Januarie 2010, het hy in Quigney ’n 20-jarige vrou verkrag. Sy het by ’n treinstasie geloop terwyl sy op pad werk toe was.Op 22 Mei 2010 het hy en ’n ander beskuldigde deur die nag twee 19-jarige vroue in Oos-Londen om die beurt verkrag.Op 25 Junie 2010 het Mananga ’n 19-jarige vrou met ’n vuurwapen gedreig. Die voorval het naby die Nontyatyambo-kliniek in Mdantsane plaasgevind.Mananga het op 16 Julie 2010 in Mdantsane ’n vrou (37) met ’n vuurwapen gedreig en haar verkrag.Op 2 Augustus 2010 het hy by ’n huis in Mdantsane ingebreek, ’n 19-jarige vrou gedreig en haar gedwing om haar klere uit te trek. Hy het die meisie in die kamer­ verkrag.Op 30 Oktober 2010 het hy ’n 21-jarige vrou in die NU15-stadion in Mdantsane verkrag. Sy was op pad om na die NU13-area te loop.Dit lyk of daar toe ’n break was. Op 29 Julie 2011 het Mananga op ’n 21-jarige vrou toegeslaan. Hy het haar met ’n vuurwapen gedreig en haar na die naaste veld geneem. Sy is agter die Primêre Skool Sophakame in Mdantsane verkrag.Op 4 Augustus 2011 het hy naby die Nkqubela-hospitaal gedreig om ’n 20-jarige vrou dood te maak wat alleen gestap het op ’n voetpad op pad skool toe. Mananga is eers op 16 Augustus vanjaar in die Bhi­sho-hooggeregshof formeel aangekla. Hy het skuld ontken op al die aanklagte teen hom.Op 6 November het die hof hom skuldig bevind aan alle aanklagte.Mananga sal waarskynlik vandag uitvind hoe lank hy in die tjoekie gaan sit vir alles wat hy gedoen het.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/d-dag-vir-n-duiwelskind-20181121

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.