DA ‘beskerm Zille oor tax’

Please log in or register to like posts.
News
DA ‘beskerm Zille oor tax’

DIE DA het gister die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, beskerm en sy moes nie rekenskap gee oor haar uitlatings in die sosiale media nie.Cameron Dugmore, ANC-LPP, het gister in die provin­siale parlement ’n mosie gebring dat Zille haarself moet verduidelik.Die DA het egter sy meerderheid gebruik om die mosie te laat platval.Dugmore het gesê hy het die mosie gebring ná Zille se uit­latings op Twitter toe sy mense aangemoedig het om ’n belasting-opstand te begin.Zille het getwiet: “Die hysteria oor my voorstel vir ’n tax revolt is fascinating. In die SA geskiedenis was daar verskeie tax revolts – van die Bambata-rebellie tot die e-tolls-boikot.“Dis klassieke voorbeelde van ’n weiering om taxes aan die staat te betaal. Sover ek weet, het die DA die nie-betaling van e-tolls ondersteun.”VerwarringDugmore het gesê DA-LPP’s het Zille beskerm, want hulle wil haar nie expose nie omdat sy teenstrydig met die Grondwet gegaan het.Hy het bygevoeg daar is verwarring in die DA oor waar die party in dié verband staan.Die waarnemende Wes-Kaapse ANC-voorsitter, Khaya Magaxa, het gesê hy vind dit snaaks dat dieselfde DA, waardeur Zille ’n beroep doen vir ’n belasting-boikot, die provinsiale grondwet wil verander sodat hulle self tax kan collect.“Ons doen ’n beroep op ál die Wes-Kaap se mense om teen Zille se tax op te staan.”Zille het die ANC se verklarings as “vals” verwerp.Volgens haar is die doel van die voorgestelde aanpassings aan die provinsiale grondwet om die term “money bill” uit te klaar.Sy het in ’n verklaring gesê: “Die ANC is so desperaat om die aandag van sy verlammende korrupsie weg te trek dat hy leuens versprei om woede te skep.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.