DA wil nuwe raadslede hê

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE van die drie raadslede wat afgewyk het, is nie meer DA-lede nie. Hulle is Trevor Louw en Neville Higgins. Die twee vakante poste sal binnekort in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit (NMBM) aangekondig word.Victor Manyati sal egter ’n DA-raadslid bly totdat die prosesse van sy skorsing afgehandel is.Gister het DA-hoës in die Baaise hooggeregshof bymekaar gekom om te hoor wat regter Elna Revelas beslis het.Die DA het vroeër ’n hofaansoek ingedien teen onder meer die NMBM en No­xolo Nqwazi, voormalige uitvoerende munisipale bestuurder.Die DA wou hê die stadsbestuurder moet die drie vakante poste in ’n raadsvergadering verklaar sodat ander DA-raadslede in hulle plek aangestel kan word.Dié aankondiging het egter nie gebeur nie, en daarom het die DA die saak hof toe geneem.Op 28 November is die DA se grondwet en die beëindiging van die DA-lidmaatskap van die raadslede in die hoofgeregshof bespreek.“Die applikant het ’n dringende hofaansoek ingedien.“Hulle wil hê die hof moet beslis dat Nqwazi ’n datum moet vasstel vir ’n tussenverkiesing,” het Revelas in haar beslissing gesê.Die eerste respondent (die stadsbestuurder, Peter Neilson) moet binne 14 ’n datum vir tussenverkiesings vasstel in terme van die Wet op Munisipale Strukture. Dié tussenverkiesings moet binne 90 dae plaasvind.Maar dit sluit net vir Higgins en Louw in. Manyati sal ’n DA-lid bly totdat die DA se prosesse van die lidmaatskap se beëindiging afgehandel is.Buite die hof het Nqaba Bhanga, DA-leier in die Oos-Kaap, gesê die party is te­vrede met die hofbeslissing.“Ons as die DA is baie gelukkig, want die hof het bevestig dat daar geen manier is dat ’n raadslid ’n setel in ’n politieke party kan hê terwyl die dissiplinêre prosesse (teen hom of haar) reeds gevolg is nie. “Mense wat teen ons gestem het, selfs in verlede week se raadsvergadering, het gesê hulle is DA, maar hulle was eintlik ANC.”Bhanga het voorts gesê hulle sal verseker dat die mense van die Baaise noordelike areas deur die regte kandidate verteenwoordig word.Higgins en Louw se dissiplinêre prosesse is albei binne twee weke afgehandel en Manyati se dag is baie naby, het Bhanga bygevoeg.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/da-wil-nuwe-raadslede-he-20181212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.