Daai’s als leuens | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Daai’s als leuens | Die Son

JUSTICE Mooi is nooit gedreig, aangerand of goed belowe om ’n bekentenis te maak nie.Só het verskeie polisie­beamptes gister in die binneverhoor van die Preston Titus-moordsaak getuig. Sers. Vuyokazi Ludonga het kapt. Deon Bouwer en AO Martin le Roux op 11 Desember 2017 na Port Eizabeth vergesel om Mooi te arresteer.Ludonga het getuig Mooi jok wanneer hy sê sy het met hom oor Magdaleen Titus en Natasha Stuurman gepraat. Dié drie staan saam met Masimthembe January tereg vir moord.OmgekrapDie sersant weet ook nie daarvan dat Bouwer en Le Roux Mooi gedreig of gedwing het om ’n bekentenis af te lê nie. Ludonga was getroud met Stuurman se broer. Sy was op ’n kol baie emosioneel en omgekrap oor die vrae wat Mooi se regs­verteenwoordiger, adv. Stoffel Prinsloo, oor haar privaat lewe gevra het.“My gebroke huweliks­lewe het niks met die saak te doen nie,” het Ludonga met trane in haar oë gesê.Sy was so ontsteld, regter Nolwazi Boqwana wou die saak vir ’n wyle verdaag.Ludonga het egter aangehou getuig. Sy het gesê Mooi het haar in ’n stadium gevra om ’n foto te neem van hom en Le Roux wat aan mekaar geboei is. Hy wou dit glo hê vir wanneer hy eendag uit die tronk kom.Prinsloo wou by Ludo­nga weet of sy op pad van Port Elizabeth na Oudtshoorn met Mooi oor Stuurman en Magdaleen gepraat het. Die polisievrou het gesê sy het nie.Lt.kol. Eric James Jullies van die Thembalethu-polisiestasie in George het Mooi se bekentenis op 13 Desember 2017 in ’n kantoor in Oudtshoorn afgeneem. Hy het breed­voerig getuig oor die prosedure wat hy gevolg het voordat hy die bekentenis afgeneem het.Hy het aan Mooi verduidelik hy het niks met die saak te doen nie en hy is nie lid van die ondersoekspan nie.Bouwer het hom gebel om die bekentenis te kom afneem.Jullies het – net soos Ludonga – aan die hof gesê hy het nie enige beloftes aan Mooi gemaak nie. Hy het hom ook nie gedwing het om ’n verklaring af te lê nie.Volgens hom was Mooi ongelukkig met ’n derde persoon in die vertrek, AO Nyatella, wat die video­opname moes maak.Nadat hy Mooi ’n rukkie uit die kantoor laat gaan en hy buite (vermoedelik met die ondersoekbeampte) gesels het, het hy met sy terugkeer gesê hulle kan voortgaan.“Die verdagte was baie kalm. “Dit het nie gelyk of hy ’n bekommerde persoon is nie,” het Jullies getuig. VerdaagGeen tolk was teenwoordig nie, en Jullies het getuig Mooi het dit so verkies.Le Roux, die ondersoekbeampte, het laatmiddag begin getuig.Hy het aan die hof verduidelik hoe Mooi op 12 Desember 2017 in ’n kitskosplek in Port Elizabeth in hegtenis geneem is.Boqwana het die saak tot vandag verdaag.Na wat betroubaar verneem word, gaan die moordsaak tot Meimaand uitgestel word.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.