Dagga-debat brand warm | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Dagga-debat brand warm | Die Son

DIE wettiging van dagga vir privaat gebruik gaan die gemeenskap, veral die jeug, erg benadeel.So meen talle bekommerde godsdiensleiers, nieregeringsorganisasies (NPO’s), gemeenskapsleiers, dwelmkenners en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) van die Baai.Hierdie groepe het vroeër dié week byeengekom om oor die impak van die konstitusionele hof se beslissing te gesels.RehabWayne Jaggers, voorsitter van Gelvandale se GPF, sê hulle is nie gekant teen die gebruik van dagga as medisyne nie. “Ons is besorgd oor die impak wat die hofbeslissing op die gemeenskap gaan hê.“Hulle het nie met professionals gekonsulteer en in ag geneem of ons genoeg rehab centres het nie,” sê Jaggers.Volgens hom gaan die hofbeslissing tot daggarokery onder kinders lei. Hy sê hy’t al gesien hoe jeugdiges oop en bloot in die straat loop en dagga rook.“As GPF-voorsitter is ek erg bekommerd. Wil dit sê ’n kind het die reg om skool toe te gaan onder die invloed van dagga?”Zarina Ghulam van die Nationwide Treatment Centre SA meen dit sal beteken skole se drug policy is tot niet. “Ek het al ouers gehad wat sê hulle wil hulle kinders van dwelms af hê, maar dagga is fine.”Dít is waar hulle verkeerd is, sê Ghulam en Jaggers. Hulle beskou dagga as ’n gateway drug. Dit beteken die gebruik daarvan kan tot die misbruik van sterker dwelmmiddels lei.“Dagga word ook gemeng met dwelms soos heroïen, tik en kokaïen, en dis hoe mense hooked raak,” sê Ghulam. Sy voeg by daggagebruik kan tot psigiatriese probleme aanleiding gee.Bonita Edward van Nabi B Ministry sê die hof se beslissing gaan mense baie negatief raak. “Dié beslissing maak iemand wat nie ’n slagoffer is nie, ’n slagoffer.“Verslawing is ’n ernstige menslike toestand. As ons nie nou daarmee deal nie, gaan dit met óns deal.”Edward stel voor hulle moet meer jong mense intrek om die boodskap na buite uit te dra.Farouk Jeptha, voorsitter van die Concerned Citizens of PE Metro, beklemtoon dat niks onherroeplik is nie – die beslissing kan nog teengestaan word. “Volgens die Public Consultation Act moes die konstitusionele hof die GPF’s, rehabs en die gemeenskap geraadpleeg het voordat dié beslissing gemaak is. “Ons gaan dit nie so aanvaar nie en ons gaan daarteen appelleer. Daar is baie goed wat hulle nie in ag geneem het nie.”DialoogEdward Camealio, ’n gemeenskapsleier van Schauderville, sê hy het self die verkeerde paadjie gestap en op ’n jong ouderdom dagga en dwelms gebruik.“Dialoog en opvoeding is die antwoord. “Ons moet die kinders leer oor die gevare van dagga en dwelms, want die regering laat toe dat ons kids failures gaan word,” sê Camealio.

Reactions

Nobody liked ?

One comment on “Dagga-debat brand warm | Die Son

  1. dis altyd soveel makliker om die staat of enigiemand anders te blameer vir die dramas van jou kinders. Maak nie saak of dit wettig of onwettig is nie jou kinders sal nog steeds dwelms gebruik as JY as ouer nie beheer uitoefen en reels neerle nie. en as hulle nie by jou reels hou nie wat doen jy daaraan? as jy nie weet hoe om n goeie ouer te wees nie hoekom het jy dan kinders? moenie verwag die wet of die staat of enigiemand anders moet jou ouerlike pligte en verantwoordelikhede vir jou nakom nie. raak n bietjie verantwoordelik vir jouself en jou familie en hou op moan oor alles.

Leave a Reply